Wadjet

Wadjet
Wadjet, uitgebeeld met die kop van ’n leeu, met ’n slang op haar kop.
Wadjet, uitgebeeld met die kop van ’n leeu, met ’n slang op haar kop.
Soort godin  Egipties
Naam in hiërogliewe
I13
Kultussentrum  Deb, Benede-Egipte
Simbool Slang
Portaal  Portaalicoon   Antieke Egipte

Wadjet (ook gespel Wadjit, Oeadjet of Oea Zit) was as ’n vroeë godin in die Egiptiese mitologie die beskermgodin van die stad Dep, wat deel geword het van die stad wat die Egiptenare Per-Wadjet genoem het. Sy was later die beskermgodin van Benede-Egipte en ná die vereniging met Bo-Egipte, een van die twee beskermgodinne van die hele Antieke Egipte saam met Nechbet, die beskermgodin van Bo-Egipte. Die beeld van Wadjet met die sonskyf is die oeraeoes genoem, en dit het saam met die ouwêreldse aasvoël, die simbool van Nechbet, op die hooftooisel van farao's verskyn wanneer hulle begrawe is.

Wadjet was ook die beskermer van konings en van vroue tydens geboorte. Sy is met die land verbind en is uitgebeeld as ’n vrou met die kop van ’n slang. Haar orakel was die tempel in Per-Wadjet. Sy is nou verbind met Bast, die godin wat as ’n leeuwyfie uitgebeeld is, as die songodin wie se oog later die Oog van Horus geword het en as die Oog van Ra.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search